Ek was nooit een ding nie, nooit net één gestalte –
elke oggend breek 'n ander mens uit die ou skil,
een wat wag, een wat wonder, een wat wil.
Ek het gedink daar kom 'n dag van reg en klaar,
'n dag waarop die twyfel end'lik gaan bedaar.
Maar dae kom nie klaar nie. Hulle stapel, hulle stu,
tot jy nie meer wag vir môre nie, maar nou.
Dan raak die trant al vinniger, die voete al vas,
die hart wat huiwer, kry skielik pas.
Nie meer geskuif nie, nie meer geskuif –
net loop. Net gryp. Net leef.
Kommentaar
0 kommentare