'n Pad lê oop
sonder 'n end,
ons stap daarop,
al ken ons die wend.
Ons sien dieselfde
uitsig weer,
en hoop nog steeds
op iets meer.
Ons spore raak
soms bymekaar,
maar nooit heeltemal
regtig daar.
Die maan skyn steeds
oor grond wat ons ken,
'n ou verhaal
wat niemand ooit wen.
Ons is nog hier,
in hierdie eindlose gety,
ons is nie vry.
Kommentaar
0 kommentare