Die son sak.
Ek sit waar ons verhaal moes begin het,
en die ligdraer se verdwyning
laat 'n vrees in my posvat
voor vanaand se sterrehemel.
My verlore ster —
waarheen is jy?
Ek soek jou nie meer
teen hierdie donker uitspansel.
Ek sou jou op my plafon vasplak,
kon ek jou net vang;
maar jy's reeds heen
teen die tyd wat jou lig my bereik.
Kommentaar
0 kommentare