Die wolke skuif, die lig raak vaal,
'n saad lê wagtend, sonder taal.
Ek dra dit toe, ek dra dit oop,
nie seker van die pad se loop.
Die lug kan nie kies nie, reën of son,
dieselfde asem, uit een bron.
Vandag is lente in jou woord,
môre lê die ryp gesmoord.
Die weer verander vir niemand, nee,
dit groei net aan, oor grens en see.
Kommentaar
0 kommentare