In die lig-donker kontras van die winterdae,
wat ek so innig geniet,
maak ek vrede met soveel lewenslae —
my verlede, die menslike natuur, my toekoms.
Ek voel die gras onder my spierwit palms,
dink aan al my gunsteling psalms,
en wens ek kon hierdie gevoel bewaar vir my oudag,
wanneer ek sukkel om nog so maklik te lag.
Vir nou? Vir nou leef ek —
ek wonder, ek het lief, ek sien.
Ek bewonder net eers die goue lig...
en alles wat daarmee saamkom.
Kommentaar
0 kommentare